Roman Herzog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Roman Herzog (5 April 1934 - 10 Januarie 2017) was 'n Duitse politikus, regter en regsgeleerde, wat van 1994 tot 1999 as president van Duitsland gedien het. Hy was 'n lid van die Christen-Demokratiese Unie (CDU) en was die eerste president wat ná die hereniging van Duitsland verkies is. Hy het voorheen as regter van die Federale Konstitusionele Hof gedien, en hy was die president van die hof 1987–1994. Voor sy aanstelling as regter was hy professor in die regte. Hy het die Karel de Griep-prys in 1997 ontvang.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]