Peerage of Ireland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Peerage of Ireland behels die adellike titels wat deur Engelse monarge volgens hul gesag as Lord of Koning van Ierland, of deur latere monarge van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland geskep is.

Adellike titels, wat ontvang kon word, was Duke (hertog), Marquess (markies), Earl (graaf), Viscount (burggraaf) en Baron. Die skepping van sodanige titels is in die 19de eeu gestaak. Die Kroon van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland oefen steeds jurisdiksie oor die Peerage of Ireland uit, insluitende adellikes wie se titels van plekke afgelei is wat tans in die Republiek van Ierland (Éire) geleë is.

Artikel 40.2 van die Ierse grondwet verbied die toekenning van adellike titels deur die staat sodat adellike of eretitels deur Ierse burgers uitsluitlik ontvang mag word indien die Ierse regering vooraf sy toestemming daaraan verleen het.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Bunreacht na hÉireann – Constitution of Ireland, Article 40.2:
    1° Titles of nobility shall not be conferred by the state. 2° No title of nobility or of honour may be accepted by any citizen except with the prior approval of the Government"
    (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Februarie 2016. Besoek op 17 Augustus 2016.