Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-man, Delvin Safers (29), wat in die puin in George vasgekeer was, is na wat verneem word deur reddingswerkers uit die bourommel bevry.
Safers se pa, Deon, het vroeër vandag, 7 Mei, in ‘n onderhoud met die Mossel Bay Advertiser gesê hulle het vanoggend 05:30 laas met hom kontak gehad – Delvin het sy selfoon by hom gehad.
“Ek is oortuig dat hy nog lewend is en ek bid dat die Vader hom daar sal uitbring,” het Delvin se pa vroeër vandag gesê.
Hy en ander lede van hul familie was in George naby die toneel waar reddingswerkers sedert die ineenstorting onverpoosd werk om oorlewendes uit te kry.
Delvin se toestand is tans nog onbekend.
Vorige artikels:
Gebou ineenstorting: Man kommunikeer met familie
Mossel Bay man's son in building collapse
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’