Tragedie tref George toe gebou ineenstort

(Foto verskaf aan Maroela Media)

Die Wes-Kaapse regering het reeds hulpbronne ontplooi in reaksie op ʼn gebou wat Maandag in George ineengestort het.

“Al die nodige ondersteuning word aangebied aan nooddienspersoneel om hul reaksie te bespoedig,” het premier Alan Winde gesê. “Beamptes fokus in hierdie stadium daarop om lewens te red. Dit is ons hoogste prioriteit.”

Winde maan die publiek om die nooddienste toe te laat om hul pligte uit te voer en om nie hul eie lewens in gevaar te stel deur na die toneel te reis nie.

Konstruksiewerkers was besig op die perseel toe die gebou in Victoriastraat net ná 14:00 ineengestort het.

Volgens gerugte was tot 59 persone onder die puin vasgekeer. Negentien mense is reeds gered, maar 40 mense is steeds vasgekeer. Reddingswerk duur voort.

George-munisipaliteit versoek lede van die publiek wat water, Lucozade, jellielekkers of enige ander kos vir die dienspersoneel op die perseel kan verskaf, om dit af te lewer by Delplan Consulting, Victoriastraat 79. ʼn Munisipale beampte sal voor die gebou enige bydraes in ontvangs neem en aan personeel oorhandig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

Wou die boukomtrakteur nie die afdreigers betaal nie? Hoe val ‘n hele gebou sonder plofstof?

Martie ·

In George lyk dit my word daar nie na gehalte gekyk nie want alles moet so gou as moontlik en hush hush gedoen word want ons moet ten duurste verkoop. George se wonings is so overpriced en regtig party so swak maar hulle hou dit mos voor as DIE DORP. Duurder as ‘n plek in Gordonsbaai, Strand, Somerset Wes wat gesogte plekke is langs die kus.

Colombo ·

Wie was die ingenieur in beheer van die gebou.Tronkstraf kan sy voorland wees.

Theuns ·

BEE bouer! NOOIT voor die huidige meerferheids onderdrukkimg regime aan bewind is het het so iets in eeue gebeur nie!
SLUIT RAMAPOSA TOE!!!

Cassie Carstens ·

Beskuldigings gaan nou nie help nie. Dis tragies en die vasgekeerdes moet gered word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.