Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Vandag, 12 Mei, is Florence Nightingale, beter bekend as die "vrou met die lamp" in Florence, Italië, gebore en was die tweede dogter van welgestelde ouers.
Die afgelope week het hospitale, ouetehuise en instansie wat verpleegpersoneel in diens het, die week gevier as Nasionale verpleegsterdag.
Mossel Bay Advertiser wens al die verpleegpersoneel 'n gelukkige verpleegstersdag toe.
Nightingale het veral bekendheid verwerf gedurende die Krimoorlog, toe sy as die "vrou met die lamp" bekend gestaan het. 'n Bynaam wat die soldate haar gegee het omdat sy snags deur die sale sou loop met 'n klein brandende petroleumlampie om elke soldaat te besoek.
Video - Verpleegsterdag - Hartenbos Versorgingsoord:
As 'n intelligente en goed opgeleide dogter van welgestelde Engelse aristokrate, was daar verwag dat Florence haar lewe in die kringe van die rykes sou deurbring. 'n Onverwagte konfrontasie met armoede en siekte onder politieke vlugtelinge na die Krimoorlog in Genéve, Switserland, het sy besluit om haar rug op haar aristokratiese lewe te keer en te fokus op die verpleging van siekes en gewondes.
Sy het geglo dat God op 7 Februarie 1837 met haar gepraat het en dat Hy haar tot ? spesiale taak geroep het. Florence Nightingale was die eerste verpleegster wat wetenskaplike status aan die verpleegberoep besorg het.Sy het in hospitale in Duitsland en Frankryk gewerk voor sy haar bemoei het met die herorganisasie van 'n klein hospitaal in Londen. In 1907 was sy die eerste vrou wat die Order of Merit eerbewys ontvang het
Sy sterf 13 Augustus 1910, in die ouderdom van 90 in Park Lane, Londen, en is in die familiebegraafplaas by Hampshire begrawe. Bron: Wikipedia
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’