Bekende 'Generations' en '7de Laan'-akteur sterf

Bekende 'Generations' en '7de Laan'-akteur sterf

Díe bekende akteur se dood is Dinsdag, 14 Mei bevestig.

7de Laan cast
The cast of '7de Laan'/ Twitter (@real7delaan)

Sepie-aanhangers sal hom veral onthou vir rolle soos 'Lesley' in 'Generations' en 'Pastoor Gammies' in '7de Laan,' maar die talentvolle Adrian Alper was in talle Suid-Afrikaanse produksies te sien en was selfs agter die kamera as 'n regisseur.

Die hartseer nuus van die veelsydige akteur se afsterwe is Dinsdag op Actor Spaces, 'n digitale tydskrif wat daarop fokus om die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf te bevorder, se sosiale media blaaie bevestig.

 Volgens Huisgenoot, is die 51-jarige Maandag, 13 Mei, oorlede. 

Alper se lewensmaat van die afgelope 32 jaar, Rudi Trap, het aan Huisgenoot bevestig dat die gesoute akteur "na komplikasies weens 'n stryd met tuberkulose" oorlede is. 

Talle aanhangers het hulle meegevoel op sosiale media gedeel en hom onthou vir sy rolle in van Suid-Afrika se bekendste sepies.

Volgens The South African, het Alper die rol van 'Lesley' tussen 1993 en 1994 op die sepie 'Generations' vertolk.

In 1999 tot 2001 het ook in 'Isidingo' gespeel waar hy die rol van 'Sharky' vertolk het.

Alper was ook in die Sitcom 'Streaks' te sien en meer onlangs het hy 'Pastoor Gammies' in '7de Laan' gespeel, voor die sepie finaal van die kassie afgehaal is.

Die akteur en regisseur was glo ook veeltalig en behalwe vir Afrikaans en Engels kon hy ook Nederlands, Fraans en Russies praat.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: X/ 7de Laan

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories